Maklike opsommings, en interaktiewe video-lesse
Maklike opsommings, en interaktiewe video-lesse

Ons visie is om elke kind te inspireer om met selfvertroue te leer, hul drome na te jaag en hul volle potensiaal te bereik.
Deur interaktiewe lesse en opsommings, maak ons leer maklik, lekker en toeganklik – sodat elke kind met nuuskierigheid en kennis die wêreld kan aanpak.
Ons glo dat leer nie net oor punte gaan nie, maar oor groei, ontdekking en selfvertroue. Ons motiveer kinders om uitdagings met moed aan te pak en sukses te behaal deur kreatiewe en duidelike verduidelikings – in die klaskamer en daar buite!
Al die werk word opgestel volgens die KABV (CAPS)-kurrikulum om hoë standaarde te handhaaf en te verseker dat dit in lyn bly met die vereistes van die Departement van Onderwys.

Graad 4 - 6
Ontdek die wonders van die wêreld om ons.


Graad 4 - 8
Speel met syfers, los raaisels op en maak somme pret!


Graad 8 - Home language en First additional


Graad 4 - 6
Reis deur geskiedenis. Verken ons provinsies en verstaan die krag van aardbewings.

Elke dag is ‘n nuwe geleentheid om te groei, leer en ‘n beter mens te wees!

Graad 7-9
Volg binnekort

Volledige lesse in verskeie vakke en nog vele meer!
Hierdie reeks help kinders met alledaagse lewensvaardighede – van goeie maniere en etiket tot belangrike daaglikse take wat hulle onafhanklik en selfversekerd maak. Ons leer hoe om 'n beter mens te wees en die wêreld met respek en verantwoordelikheid te benader.
By Leer my Meer is ons trots op die verskil wat ons maak!
Luister na regte getuienisse van ouers wat ons interaktiewe lesse, opsommings en toets/eksamen voorbereiding geniet en groot verbetering sien. Jou kind se sukses begin hier!
By Leer my Meer glo ons daarin om leerders nie net akademies toe te rus nie, maar ook geestelik te ondersteun.
Deur ’n woord van bemoediging deur Neethling Fouché, wil ons hoop, rigting en lig in kinders se lewens saai.
Stuur 'n epos om betaling opsies te ontvang en toegang tot al die werk te bekom.
Kontak ons gerus vir enige navrae oor ons lesse, vakinhoud of tutorbesprekings. Ons vriendelike span staan gereed om jou by te staan op jou leerreis!
Open today | 08:00 – 17:00 |
Deur Leer my Meer te gebruik of vir ons dienste in te teken, aanvaar jy ons bepalings en voorwaardes.
Leer my Meer bied aanlyn opvoedkundige inhoud, insluitend video-lesse, opsommings, werkkaarte en memorandums.
Die inhoud is slegs vir persoonlike opvoedkundige gebruik en mag nie gekopieer, versprei of herverkoop word sonder ons toestemming nie.
Ons doen ons bes om akkurate en nuttige inhoud te verskaf, maar kan nie ’n spesifieke akademiese resultaat waarborg nie.
Ons respekteer jou privaatheid en beskerm jou persoonlike inligting.
Ons versamel slegs inligting wat nodig is om jou rekening, betalings en toegang tot Leer my Meer te bestuur.
Ons verkoop nie jou persoonlike inligting aan derde partye nie.
Betalings word veilig deur ons betalingsverskaffer, PayFast, verwerk.
Vir enige vrae oor jou persoonlike inligting, kontak ons by leermymeer@gmail.com
Omdat toegang tot digitale inhoud gegee word nadat betaling ontvang is, word terugbetalings nie outomaties gewaarborg nadat toegang geaktiveer is nie.
Indien jy ’n probleem met jou betaling of toegang ondervind, kontak ons asseblief by leermymeer@gmail.com sodat ons die probleem kan ondersoek en ’n gepaste oplossing kan bied.
Hierdie beleid beïnvloed nie enige regte wat jy ingevolge toepaslike Suid-Afrikaanse wetgewing het nie.
Jy kan jou Leer my Meer-intekening kanselleer deur ons te kontak by leermymeer@gmail.com.
Kansellasie beëindig toekomstige toegang en betalings volgens die bepalings van jou intekening.
Betalings wat reeds gemaak is, word nie outomaties terugbetaal nie.
Leer my Meer lewer digitale opvoedkundige inhoud en geen fisiese produkte word afgelewer nie.
Nadat betaling suksesvol bevestig is, word toegang tot jou gekose inhoud normaalweg binne 24 uur geaktiveer.
Indien jy nie toegang ontvang nie, kontak ons by leermymeer@gmail.com of 081 448 5270.
Leer My Meer
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.